Rudolf Christoph Eucken (Duitse uitspraak: [ˈʁuːdɔlf ˈʔɔʏkn̩] ⓘ; 5 Januarie 1846 – 14 September 1926[1]) was 'n Duitse filosoof. Hy het in 1908 die Nobelprys vir Letterkunde ontvang "ter erkenning van sy deurdringende soeke na waarheid, sy skerpsinnige denkkrag, die rykheid aan visie en die warmte en krag van sy aanbieding, waarmee hy in sy talle werke 'n idealistiese lewensfilosofie ontwikkel het."[2]