Rugby-uitdaagreeks

Rugby-uitdaagreeks
2019 Rugby-uitdaagreeks
Sportsoort Rugby
Gestig 2017
Eienaar Suid-Afrikaanse Rugbyunie
Inwydingseisoen 2017
Deelnemende lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Namibië Namibië
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Aantal spanne 16
Mees onlangse kampioen Griekwas (2019)
Verwante kompetisies Curriebeker
Borg(e) SuperSport

Die Rugby-uitdaagreeks – om borgskapredes bekend as die SuperSport Rugby-uitdaagreeks – is ’n plaaslike rugbykompetisie in Suid-Afrika. Die kompetisie word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie georganiseer en al veertien Suid-Afrikaanse streek-/provinsiale spanne, asook die Welwitschias van Namibië en 'n Zimbabwiese Akademiespan neem deel.[1] Die aanvangseisoen van die kompetisie was in 2017 en dit dien as plaasvervanger vir die Vodacombeker wat in 2015 ten einde geloop het.

Die kompetisie word gelyklopend met die Superrugbyseisoen gespeel. Dit dien as ’n belangrike ontwikkelingskompetisie vir Suid-Afrikaanse rugbyspelers.

  1. (en) "Squad: Zimbabwe Academy". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2019. Besoek op 10 Oktober 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne