Rugby Nederland

Rugby Nederland
Kenteken van Rugby Nederland
Kenteken van Rugby Nederland
Nederlandse naam Rugby Nederland
Afkorting RN
Land Vlag van Nederland Nederland
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1932
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1988
Vastelandse beheerliggaam Rugby Europa
President Jan-Hein Pieterse
Setel Nasionale Rugbysentrum, Amsterdam, Nederland
Amptelike taal Nederlands
Amptelike webwerf rugby.nl

Rugby Nederland (Nederlands; afgekort “RN”), tot in 2014 die Nederlandse Rugbybond (NRB) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Nederland beheer. Die beheerliggaam is in 1932 gestig en by die Nasionale Rugbysentrum in Amsterdam gesetel. Sedert 1988 verteenwoordig dit Nederland by Wêreldrugby en sedert 1934 ook by Rugby Europa (“RE”).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne