Ruggiero Leoncavallo

Ruggero Leoncavallo
Ruggero Leoncavallo in 1913
Agtergrondinligting
Gebore(1857-04-23)23 April 1857
Napels, Italië
Sterf9 Augustus 1919 (op 62)
Montecatini Terme, Toskane, Italië
GenresOpera
Beroep(e)Komponis en librettis
InstrumenteKlavier

Ruggero Leoncavallo (1857–1919) was 'n Italiaanse operakomponis wat in Napels gebore is. Hy het aan die konservatorium in Napels studeer en 'n bestaan gemaak deur musiekonderrig te gee en konserte in kafees te hou.

Sy eerste operas het nie byval gevind nie, maar met I Pagliacci, 'n verismo-opera, gebaseer op 'n moordaanval wat werklik plaasgevind het, het Leoncavallo sy plek in die musiekgeskiedenis verower. Die eerste produksie in Milaan in 1892 was 'n oorweldigende sukses en is tot vandag toe een van die wêreld se gunsteling-operas.

Leoncavallo se operas La Bohème (1897) en Zazà (1900) het slegs tydelik byval gevind.

Dit het tradisie geword om I Pagliacci saam met Pietro Mascagni se Cavalleria rusticana, ook 'n verismo-opera, op te voer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne