Ruitens, ruite of diamante is een van die vier kleure, of stelle, speelkaarte in 'n Franse pak. Dit is die enigste Franse stel wat nie van Duitse kaarte afgelei is nie; dit neem die plek in van die Duitse klokke
.
In ouer Duitse meldings van kaartspeletjies word ruitens dikwels Eckstein ("hoeksteen") genoem. In Switserland is dit steeds as Egge (=Ecke, dus "hoek") bekend. Die Duitse term "Karo" het in die 18de eeu in die taal beland van die Franse carreau, wat weer afgelei is van die Latynse woord, quadrum ("vierkant" of "reghoek").[1]