Rukwameer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Rukwameer | |
Koördinate: | 8°00′S 32°25′O / 8.000°S 32.417°O |
Ligging: | Suidoos-Tanzanië |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 5 760 km² (2 220 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 3 meter |
Maksimum diepte: | 5 meter |
Lengte: | 180 km |
Breedte: | 32 km |
Invloei: | Rungwa, Wuku, Lukwate, Kikambo, Luika, Luiche, Kavuu, Chambua, Songwe |
Uitvloei: | geen |
Nedersettings: | Rungwa, Sumbawanga |
Die Rukwameer (Engels: Lake Rukwa) is 'n alkaliese meer geleë in die suidooste van Tanzanië. Die meer het 'n oppervlakte van 5 760 vierkante kilometer en 'n diepte van tot 5 meter en is gemiddeld 3 meter diep.
Die Rukwameer is een van die Groot Mere van Afrika se kleinste mere en is halfpad tussen die Tanganjikameer in die weste en die Malawimeer in die suide geleë. Die meer is in 'n vallei geleë wat ewewydig tot die Groot Skeurvallei verloop. Die gebied rondom die meer is yl bevolk, groter nedersettings rondom die meer sluit in Rungwa en Sumbawanga.