Ruprecht-Karls-universiteit

Ruprecht-Karls-universiteit

Leuse:Semper apertus
Gestig:1386
Rektor:Bernhard Eitel
Studentetal:29.488 (2011-2012)
Ligging:Heidelberg, Duitsland
Die hoofgebou van die universiteit se biblioteek wat in 1905 gebou is.

Die Ruprecht-Karls-Universiteit (Duits: Ruprecht-Karls-Universität. Informeel ook bekend as die "Universiteit van Heidelberg") is 'n openbare universiteit wat in Heidelberg, Baden-Württemberg, Duitsland geleë is. Dit is die oudste Duitse universiteit en ook een van die wêreld se oudste bestaande universiteite.

Die stad Heidelberg het op 23 Oktober 1385 by Pous Urbanus VI die reg verkry om 'n universiteit op te rig. Die universiteit het sedert sy stigting in 1386 deur keurvors Ruprecht I vir baie eeue uit slegs vier fakulteite bestaan: Geneeskunde, Teologie, Regsgeleerdheid en Filosofie. 'n Fakulteit Natuurwetenskappe is eers in 1890 as vyfde fakulteit bygevoeg. Tans beskik die universiteit oor twaalf fakulteite en studeer 29,488 (2011-2012) studente aan die universiteit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne