Russell Crowe | |
![]() | |
Crowe in 2005.
| |
Geboortenaam | Russell Ira Crowe |
---|---|
Geboorte | 7 April 1964 Wellington |
Nasionaliteit | Nieu-Seeland |
Lewensmaat | Danielle Spencer |
Kinders | 2 |
Aktiewe jare | 1985-tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Russell Ira Crowe (gebore op 7 April 1964) is ’n akteur, rolprentvervaardiger en musikant. Hoewel hy ’n Nieu-Seelandse burger is, het hy die grootste deel van sy lewe in Australië gewoon en beskou hy homself as ’n Australiër.[1] Hy het internasionaal bekend geraak vir sy rol as die Romeinse generaal Maximus Decimus Meridius in die historiese 2000-prent Gladiator, waarvoor hy ’n Oscar vir beste akteur en nog drie pryse gewen en tien ander benoemings gekry het.[2]