Russian Hill | |
---|---|
Stadsbuurt | |
Die woonstelblokke op Russian Hill bied 'n panoramiese uitsig oor die misbanke wat vanuit die Stille Oseaan oor San Franciscobaai kruip | |
Koördinate: 37°48′6″N 122°25′11″W / 37.80167°N 122.41972°W | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() |
Stad | ![]() |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,03 km2 (0,397 vk. myl) |
Hoogte | 0,09 m (,3,4 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 13 146 |
• Digtheid | 13 000/km2 (33 000/vk. myl) |
Tydsone | UTCUTC -8 (Pasifiese tydsone) |
• Somertyd | UTC -7 (PDT) |
Poskode (ZIP code) | 94109, 94133 |
Skakelkodes | 415/628 |
Russian Hill is 'n welvarende en digbevolkte woonbuurt in die noorde van die Noord-Kaliforniese metropool San Francisco. Die kwartier is na een van San Francisco se 44 heuwels genoem, Russian Hill, wat onder die stad se oorspronklike "Sewe Heuwels" gereken word. Russian Hill bied panoramiese uitsigte oor die Bay Area, insluitende Bay Bridge, Marin County, die Golden Gate-brug en die historiese gevangeniseiland Alcatraz. Tussen Russian Hill en die teenoorliggende Telegraph Hill strek North Beach-vallei, een van die gewildste buurte in San Francisco wat sy besondere Mediterreense atmosfeer aan Italiaanse en Franse immigrante te danke het. North Beach was, soos sy naam reeds aandui, oorspronklik 'n kusgebied voordat hier in die 1870's 'n industriële landaanwinningsprojek verwesenlik is.