Rustelosebenesindroom

Rustelosebenesindroom
Klassifikasie en eksterne bronne
Slaappatrone in ’n mens met rustelosebenesindroom (rooi) teenoor dié van iemand daarsonder (blou).
Slaappatrone in ’n mens met rustelosebenesindroom (rooi) teenoor dié van iemand daarsonder (blou).
ICD-10 G25.8
ICD-9 333.94
OMIM 102300
DiseasesDB 29476
MedlinePlus   000807
eMedicine neuro/509
MeSH D012148
Mediese waarskuwing

Rustelosebenesindroom (RBS) is gewoonlik ’n langtermynsteuring wat meebring dat iemand ’n sterk drang kry om sy bene te beweeg.[1][2] Daar is dikwels ’n onaagename gevoel in die bene wat effens verbeter as ’n mens hulle beweeg.[1] Dié gevoel word onder meer beskryf as ’n pyn, tinteling of krieweling.[1] Soms word die arms ook geraak.[1]

Die gevoel kom gewoonlik voor wanneer ’n mens rus en daarom kan dit slaap bemoeilik.[1] Weens die versteuring tydens slaap kan mense met RBS deur die dag moeg, geïrriteerd of depressief wees.[1] Baie pasiënte se ledemate kan ook gedurende slaap ruk.[3]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "What Is Restless Legs Syndrome?". NHLBI. 1 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 19 Augustus 2016.
  2. "Restless Legs Syndrome Information Page | National Institute of Neurological Disorders and Stroke". Ninds.nih.gov. Besoek op 7 Julie 2019.
  3. "What Are the Signs and Symptoms of Restless Legs Syndrome?". NHLBI. 1 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2016. Besoek op 19 Augustus 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne