Rustenburg | |
---|---|
Koördinate: 25°40′S 27°15′O / 25.667°S 27.250°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Bojanala |
Munisipaliteit | Rustenburg |
Stigting | 1850 |
Regering | |
• Burgemeester | Mpho Khuno (African National Congress) |
Oppervlak | |
• Totaal | 282,42 km2 (109,04 vk. myl) |
Hoogte | 1 170 m (3 840 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 104 612 |
• Digtheid | 370/km2 (1 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 40,4% |
• Indiërs/Asiërs | 3,3% |
• Bruin mense | 2,8% |
• Swart mense | 52,8% |
• Ander | 0,6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 41,2% |
• Tswana | 27,9% |
• Engels | 11,9% |
• Suid-Sotho | 4,0% |
• Ander | 15,0% |
Poskode (strate) | 0300 |
Poskode (posbusse) | 0300 |
Skakelkode | 014 |
Webwerf | rustenburg.gov.za |
Rustenburg is 'n stad teen die voet van die Magaliesberge in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika, 112 kilometer noordwes van Johannesburg, met 'n bevolking van sowat 105 000. Dit is een van die snels groeiende dorpe in die land wat ook bekend staan vir sy aangename klimaat. Naby die dorp lê die twee grootste platinummyne en ook die grootste platinum-raffinadery, Precious Metal Refiners (PMR), ter wêreld. PMR lewer sowat sewentig persent van die wêreld se platinumproduksie. Die N4 nasionale pad gaan as 'n snelweg verby die stad.
Die plaaslike landbou spits hom op sitrusvrugte, tabak, grondboontjies, sonneblomsaad, mielies, koring en veeteelt toe.
Rustenburg met sy Royal Bafokeng-stadion (40 000 sitplekke) was een van die gasheerstede van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.
Die vakansieoord Rustenburgkloof met rondawels, 'n kampeerplek en geriewe vir woonwaens lê sowat sewe kilometer van Rustenburg af. Net noord van Rustenburg is die Pilanesberg Nasionale Park en die bekende Sun City geleë, albei word deur die Pilanesberg Internasionale Lughawe bedien.