SC Rooiwit Essen

SC Rooiwit Essen

Volledige naam Sport-Club Rot-Weiß
Essen 1907 e.V.
Stigtingsdatum 1 Februarie 1907
Tuisveld Georg Melches-stadion,
Essen
Kapasiteit 15 000
Kompetisie 3. liga

SC Rooiwit Essen is 'n sokkerklub uit die stad Essen in Duitsland. Die klub het in 1907 ontstaan as SV Vogelheim met die samesmelting van SC Preußen en Deutsche Eiche. Die huidige naam is in 1923 aangeneem.

RW Essen se beste jare was gedurende die vroeë vyftigs van die vorige eeu en wen in 1953 die Duitse beker en in 1955 die Duitse kampioenskap. Hierdeur het RW Essen die eerste Duitse span geword wat deelgeneem het aan die Europese beker I.

Deur finansiële probleme is die klub al drie keer 'n lisensie geweier (1984, 1991 en 1994) en dit het elke slag 'n verpligte relegasie tot gevolg gehad. In 1994 het die span die eindstryd van die Duitse beker gehaal, maar verloor teen SV Werder Bremen.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne