SN 1987A | ||||
Die oorblyfsel van SN 1987A met die skokboog in verskillende kleurspektrums sigbaar: radio (rooi), sigbare lig (groen) en X-strale (blou).[1] | ||||
Soort supernova | Tipe II (ongewoon)[2] | |||
Sterrestelsel | Groot Magellaanse Wolk | |||
Sterrebeeld | Swaardvis | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 35m 28.03s[3] | |||
Deklinasie | -69° 16′ 11.79″[3] | |||
Gal. koördinate | G279.7-31.9 | |||
Afstand (ligjaar) | 167 885 | |||
Ontdek | 24 Februarie 1987 | |||
Top-magnitude | +2,9 | |||
Eienskappe | ||||
Voorloperster | Sanduleak -69° 202 | |||
Voorlopertipe | B3-superreus | |||
Kleur (B-V) | +0,085 | |||
Notas | ||||
Die naaste supernova sedert die ontdekking van teleskope | ||||
|
SN 1987A was ’n supernova aan die buitewyke van die Tarantula-newel in die Groot Magellaanse Wolk (’n nabygleë dwergsterrestelsel). Dit het sowat 167 000 ligjare van die Aarde af plaasgevind,[3] naby genoeg dat dit in die Suidelike Halfrond met die blote oog sigbaar was. Dit was die naaste supernova sedert SN 1604, wat in die Melkweg self voorgekom het. Die lig van SN 1987A het die Aarde op 23 Februarie 1987 bereik.[4] Dit is “1987A” genoem omdat dit die eerste supernova was wat in 1987 ontdek is.
Dit was in Mei op sy helderste, met ’n skynbare magnitude van sowat 3. In die maande daarna het die helderheid geleidelik afgeneem. Dit was die eerste keer dat moderne sterrekundiges die ontwikkeling van dié verskynsels in besonderhede kon bestudeer, en dié waarnemings het hulle baie insig in supernovas gegee. Van besondere belang was dat SN 1987A die eerste geleentheid was om die radio-aktiewe bron van die energie vir sigbare liguitstralings deur direkte waarneming te bevestig deur die meting van voorspelde gammastraal-uitstraling van twee van sy oorvloedige radio-aktiewe kerns, 56Co en 57Co. Dit het die radio-aktiewe aard van die langdurende gloei ná die ontploffing van supernovas bewys.
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)