SSV Jahn Regensburg

SSV Jahn Regensburg

Volledige naam Sport- und Schwimmverein
Jahn 2000 Regensburg e.V.
Stigtingsdatum 1907
Tuisveld Städtisches Jahnstadion
Regensburg
Kapasiteit 10 724
Kompetisie Bundesliga 2

SSV Jahn Regensburg is 'n Duitse sokkerklub uit Regensburg in die deelstaat Beiere. Die klub was aanvanklik deel van 'n sportklub wat in 1889 gestig is as Turnerbund Jahn Regensburg, vernoem na Friedrich Ludwig Jahn, wat as die vader van Duitse gimnastiek beskou word. Die sokkerafdeling van die klub is in 1907 gestig. Die sokkerspelers en swemmers het in 1924 afgestig om Sportbund Jahn Regensburg te stig.

In 1934 het die klub met Sportverein 1889 Regensburg saamgesmelt om Sport- und Schwimmverein Jahn Regensburg te vorm en het in die Gauliga Beiere meegeding, die hoogste vlak tydens die Derde Ryk.

In 2000 het die sokkerafdeling onafhanklik geword en saamgesmelt met die sokkerafdeling van SG Post/Süd Regensburg in 2002. Na 'n seisoen in die Bundesliga 2 (2003/4) het die klub ernstige finansiële probleme ontwikkel en speel tans in die 4de-vlak Oberliga Beiere.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne