![]() | |
Volledige naam | Sport-Verein Arminia Hannover e.V. |
Stigtingsdatum | 1910 |
Tuisveld | Rudolf Kalweit-stadion Hannover |
Kapasiteit | 15 000 |
Kompetisie | Oberliga Noord |
SV Arminia Hannover is 'n Duitse sokkerklub uit Hannover in die deelstaat Neder-Sakse. Die klub is in 1910 gestig as FC Arminia Hannover. In 1918 het die klub met Rugby-Verein Merkur saamgesmelt om SV Arminia-Merkur te vorm en twee jaar later het die klub sy huidige naam aangeneem.
In die 1932/33-seisoen het die klub die kwarteindstryd in die uitspeelwedstryde om die Duitse titel gehaal. Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub 'n paar seisoene in die Oberliga deurgebring, destyds die hoogste klas.
Benewens sokker, het die klub ook afdelings vir Amerikaanse voetbal, handbal, tennis en tafeltennis.