SV Meppen

SV Meppen

Volledige naam Sport-Verein Meppen 1912 e.V.
Stigtingsdatum 29 November 1912
Tuisveld MEP-Arena
Meppen
Kapasiteit 16 500
Kompetisie 3. Liga

SV Meppen is 'n Duitse sokkerklub uit Meppen in die deelstaat Neder-Sakse.

Die klub is op 29 November 1912 gestig as Amisia Meppen en het in 1920 met Männer-Turnverein Meppen saamgesmelt om TuS Meppen te vorm. In 1921 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as SV Meppen 1912.

Die klub het in die 1980’s en 1990’s 11 jaar in die 2. Bundesliga deurgebring. In die 1996/97-seisoen het die klub die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal deur Eintracht Frankfurt met 6-1 in die 2de ronde te klop.

Die klub se stadion, die Vivaris Arena Emsland, het voor 1992 as die Hindenburgstadion bekend gestaan.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne