SV Sandhausen

SV Sandhausen

Volledige naam Sportverein 1916
Sandhausen e.V.
Stigtingsdatum 1 Augustus 1916
Tuisveld Hardtwaldstadion
Sandhausen
Kapasiteit 10 000
Kompetisie Bundesliga 2

SV Sandhausen 1916 is 'n sokkerklub uit Sandhausen in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland.

Die klub is op 1 Augustus 1916 gestig as SV Sandhausen en in die 1930/'31-seisoen gepromoveer na die Bezirksliga Rhein/Saar, destyds die hoogste vlak. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die klub tydelik met TSV Walldorf en VfB Wiesloch saamgespeel as KSG Walldorf-Wiesloch. Na die oorlog is die klub herstig as SG Sandhausen en in 1951 is die huidige benaming aangeneem.

Die klub se grootste prestasie is in die 1985/86-seisoen behaal toe dit die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne