Saab J29 Tunnan

Saab J29 Tunnan
29670 Gul Rudolf in vlug oor Malmen lugmagbasis
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Saab AB
Nooiensvlug 1 September 1948
Bekendstelling 1951
Onttrek 1976
Status Onttrek
Hoofgebruikers Sweedse Lugmag
Oostenrykse Lugmag
Vervaardig 1948-1956
Aantal gebou 661

Die Saab J29 Tunnan is Swede se tweede straalmotorige vegvliegtuig, die Saab 21 was hulle eerste. Die naam Tunnan beteken die vaatjie in Sweeds, na aanleiding van die vliegtuig se voorkoms. Die ontwerp van die Tunnan is beïnvloed deur navorsing gedoen oor swiepvlerke deur Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Aangesien Swede geen ondervinding oor swiepvlerke gehad het nie, het hulle daarmee geëksperimenteer met die Saab 91 Safir. Die toetse was geslaagd en die J29 prototipe voltooi sy nooiensvlug op 1 September 1948. Dit was aangedryf deur 'n de Havilland Ghostmotor onder lisensie vervaardig deur Flygmotor.

Die vliegtuig is in diens gestel in 1951 en produksie is eers in 1956 gestaak. Die J29B het groter brandstof tenks en die E model is toegerus met 'n nabrander. Die F model was toegerus met all vorige verbeteringe. Daar was ook grondaanval en verkenningsmodelle ontwikkel. Vanaf 1958 was die J29 geleidelik vervang met die Saab J32 Lansen.

In 1960 het Swede J29's beskikbaar gestel aan die Verenigde Nasies vir gebruik in Belgiese Kongo tydens die Kongo-krisis. In 1961 het Oostenryk 30 van die Sweedse J29F's oorgeneem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne