'n Saadbedding is die plaaslike grondomgewing waarin saad geplant word. Dikwels bestaan dit nie net uit die grond nie, maar ook uit 'n spesiaal voorbereide kweekkas, broeibak of 'n verhoogde bedding om die saailinge in 'n gekontroleerde, natuurlike omgewing tot klein plantjies te laat ontwikkel voordat hulle in 'n tuin of land oorgeplant word. 'n Saailingbedding word gebruik om die aantal sade wat ontkiem te laat vermeerder.
Die grond van 'n saadbedding moet los en glad wees, sonder groot klonte. Hierdie eienskappe is nodig sodat sade maklik geplant kan word, en op 'n spesifieke diepte vir die beste ontkieming. Groot klonte en 'n ongelyke oppervlak sal tot gevolg hê dat die plantdiepte wissel. Baie soorte saailinge het ook los grond met min klippe nodig sodat hulle wortels die beste sal groei. (Byvoorbeeld, geelwortels wat in klipperige grond gekweek word, sal dikwels nie reguit wees nie.)
Voorbereiding van saadbeddings in landerye verg dikwels sekondêre grondbewerking met behulp van êe en skoffels. Dit kan volg op primêre bewerking deur rysterbordploeë of beitelploeë. Geenbewerkingsboerderymetodes vermy bewerkings om saadbeddings voor te berei sowel as latere onkruidbeheer.
Die voorbereiding van saadbeddings in tuine behels gewoonlik sekondêre bewerking met handgereedskap soos harke en skoffels. Dit kan volg op primêre bewerking deur grawe, pikke of bylpikke. Ghroppers voorsien 'n meganiese alternatief wat primêre en sekondêre bewerking gelyktydig uitvoer.
Die voorbereiding van 'n saadbedding sluit moontlik die volgende in:
Die saailinge kan in die saadbedding gelaat word om tot volwasse plante te groei, moontlik nadat die swak plante uitgedun is, of hulle kan as jong plante uitgeplant word.