Sagittarius A

Sagittarius A (of Sgr A) is ’n komplekse astronomiese radiobron in die middel van die Melkweg in die sterrebeeld Boogskutter. Dit kan nie in sigbare golflengtes van die Aarde af gesien word nie weens groot wolke ruimtestof in die spiraalarms van die Melkweg.

Sgr A bestaan uit drie komponente, die supernova-oorblyfsel Sagittarius A-Oos, die spiraalstruktuur Sagittarius A-Wes en ’n baie helder, kompakte radiobron in die middel van die spiraal, Sagittarius A*. Die drie oorvleuel mekaar: Sagittarius A-Oos is die grootste, Wes is in Oos, effens van die middel af, en A* is in die middel van Wes.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne