Saguenayrivier

Saguenayrivier
Die Saguenayrivier in die Saguenay Fjord National Park.
Die Saguenayrivier in die Saguenay Fjord National Park.
Die Saguenayrivier in die Saguenay Fjord National Park.

Die stroomgebied van die Saguenayrivier.

Oorsprong Saint-Jeanmeer naby Alma, Quebec
Monding naby Tadoussac in die Sint-Laurensrivier
Stroomgebied Quebec, Kanada
Lengte 160 km (100 myl)
Mondinghoogte 0 m
Gemiddelde afloop 1 750 m/s³ (61 800 ft³/s)
Stroomgebiedopp. 88 000 km² (34 000 myl²)
Kaart van die Outaouaisrivier-bekken in Noord-Amerika.
Kaart van die Outaouaisrivier-bekken in Noord-Amerika.

Saguenayrivier (Frans: rivière Saguenay, Engels: Saguenay River) in die suide van Quebec (Kanada) vloei in twee kanale, die Grande Décharge en die Petite Décharge, wat deur die Alma-eiland van mekaar geskei word, uit die Saint-Jeanmeer (Frans: Lac Saint-Jean) in die Laurentiese Hoogland. Dit is 'n takrivier van die Sint-Laurensrivier met 'n lengte van sowat 176 km. Die Saguenay is 'n belangrike bron van hidroëlektriese krag en 'n gewilde toeristebestemming. Sy uitmonding in die Sint-Laurensrivier naby Tadoussac vorm die Saguenayfjord. Die Saguenay se belangrikste takrivier is die Peribonca.

Die rivier vloei baie sterk en word deur steil rotswande begrens, wat hoogtes van meer as 450 meter bereik. Getywater vloei sowat eenhonderd kilometer stroomop tot by Chicoutimi, sodat die rivier se benedeloop bevaarbaar is. Die Saguenay is 'n gewilde broeiplek vir talle beloegawalvisse. Ook Greenland-haaie kom in die rivierwater voor. Kanada se nasionale Parc marin du Saguenay–Saint-Laurent dek die samevloeiing van Saguenay- en Sint-Laurensrivier.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne