Samcor

South African Motor Corporation
Tipe Filiaalmaatskappy
Gestig 1985
Hoofkantoor PretoriaSuid-Afrika
Gebied bedienSuid-Afrika
IndustrieMotorvervaardiger
kommersiële voertuigvervaardiger
MoedermaatskappyFord
Ontbind2002

Die South African Motor Corporation, algemeen bekend as Samcor, was 'n Suid-Afrikaanse motorvervaardiger wat in 1985 geskep is deur die samesmelting van die Suid-Afrikaanse filiaal van Ford en Sigma (voorheen bekend as Amcar – American Motor Corporation), wat Mazdas vervaardig het vir die plaaslike mark. In 1988 het Ford weens politiek onttrek uit Suid-Afrika en sy belang in Samcor verkoop.

As 'n gevolg van die samesmelting, het Ford en Mazda hulle modelle begin deel in Suid-Afrika, soos hulle toe reeds in ander markte gedoen het. Die Europees-gebaseerde Ford Escort en Sierra is vervang deur die Laser/Meteor en Telstar, gebaseer op onderskeidelik die Mazda 323 en 626. Die omruil van Mazda- en Fordmodelle se kentekens was minder gewild gewees by Suid-Afrikaanse kopers as in ander lande, soos Australië en Japan.

Bykomend tot Ford en Mazda produkte, het Samcor ook Mitsubishi handelsvoertuie gebou, soos die Mitsubishi L300 minibus wat as die Ford Husky ontplooi is.

In 1994 het Ford 'n 45 persent aandeel in Samcor gekoop, en in 1998 die oorblywende deel. Hierna is Samcor hernoem na die Ford Motormaatskappy van Suidelike Afrika.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne