Samuel Langley | |
![]() | |
Geboortenaam | Samuel Pierpont Langley |
---|---|
Gebore | 22 Augustus 1834 Roxbury, Boston |
Oorlede | 27 Februarie 1906 (op 71) Aiken, Suid-Carolina |
Nasionaliteit | ![]() |
Vakgebied | Sterrekunde. Son fisika & lugvaart |
Bekend vir | Sterrekunde, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier. |
Samuel Pierpont Langley (22 Augustus 1834 – 27 Februarie 1906) was 'n Amerikaanse sterrekundige, fisikus, uitvinder van die bolometer en lugvaartpionier. Benewens die feit dat hy die derde sekretaris van die Smithsonian-instelling geword het, was hy ook 'n professor in sterrekunde aan die Universiteit van Pittsburgh, waar hy die direkteur van die Allegheny-sterrewag was.