Samuel Doe | |
![]() Samuel Doe in 1986. | |
Militêre staatshoof
| |
Ampstermyn 12 April 1980 – 6 Januarie 1986 | |
Voorafgegaan deur | William Tolbert Jr |
---|---|
Opgevolg deur | Homself as die een-en-twintigste president van Liberië |
21ste President van Liberië
| |
Ampstermyn 6 Januarie 1986 – 9 September 1990 | |
Voorafgegaan deur | Homself as militêre diktator |
Opgevolg deur | Amos Swayer |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 6 Mei 1951 Turzon, Liberië |
Sterf | 9 September 1990 (39 jaar) Monrovia, Liberië |
Eggenoot/-note | Nancy Doe |
Kind(ers) | 8 |
Alma mater | Universiteit van Liberie |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | ![]() |
Diens/Tak | Liberiese Gewapende Magte |
Jare in diens | 1969–1990 |
Rang | Sersantmajoor |
Oorloë/Veldslae | Liberiese Burgeroorlog |
Samuel Kanyon Doe (6 Mei 1951 in Turzon, Liberië – 9 September 1990, Monrovia) was die president van Liberië van 1980 tot 1990. Sy regime is gekenmerk as 'n diktatorskap gebaseer op etnisiteit en onderdrukking van die opposisiepolitiek.[1][2]
Doe, van die Krahn-etniese groep, 'n landelike stam op die vasteland van Liberië, het opleiding ontvang van die Spesiale Magte van die Verenigde State. Die Krahn was van suiwer Afrika-afkoms, net soos die meerderheid van die bevolking van Liberië. Hierdie meerderheid het 'n lang onderdrukking gely deur die Amerikaans-Liberiese elite, afstammelinge van die Amerikaanse slawe wat Liberië in 1847 gestig het.