Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Verenigde State |
Staat | Texas |
Koördinate | 29°25′N 98°30′W / 29.417°N 98.500°W |
Gestig op | 1 Mei 1718[1] |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 205,4 vk km |
Hoogte bo seevlak | 198 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 1 436 697[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 3 000,35/vk km |
Tydsone | UTC -6 |
- Somertyd | UTC -5 |
Burgemeester | Ron Nirenberg (I) |
Amptelike webwerf | sanantonio.gov |
San Antonio (uitgespreek /ˌsænænˈtoʊnioʊ/) is die tweede grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Texas naas Houston en voor Dallas (en die sewende grootste in die VSA) met 'n bevolking van sowat 1,5 miljoen in 2017 en 'n oppervlakte van 1 205,4 km². Die stad het sy naam aan 'n Spaanse ekspedisie te danke wat dit in 1691 ter ere van Sint Antonius van Padua, wie se fees op 13 Junie gevier word, San Antonio genoem het. San Antonio se vyf 18de eeuse Spaanse sendingstasies, insluitende The Alamo and San Antonio Missions National Historical Park, is in 2015 deur Unesco as wêrelderfenis gelys – tot dusver die enigste in die deelstaat.
Die argitek Sir David Adjaye, OBE, se modernistiese kunssentrum Ruby City is deur die American Institute of Architects (AIA) aangewys as een van die opspraakwekkendste nuwe geboue van 2019. San Antonio is in 2019 ook ingesluit by die lys van bestemmings vir die AIA Architectural Adventures.[3] Ruby City is ontwerp volgens 'n idee en visie van die kunsversamelaar Linda Pace (1945−2007).[4]