Geelklokkies | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Liliales |
Familie: | Colchicaceae |
Genus: | Sandersonia |
Spesie: | S. aurantiaca
|
Binomiale naam | |
Sandersonia aurantiaca Hook., (1853)
|
Die geelklokkies (Sandersonia aurantiaca) is 'n meerjarige, blomdraende plant en geofiet wat deel is van die Colchicaceae familie. Die spesie is inheems aan Eswatini en Suid-Afrika. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Oos-Kaap voor. Daar is net een spesie in die genus en dit is dus 'n monotipiese takson.