Sandrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Vrystaat, Suid-Afrika |
Oorsprong | Tweefontein, Vrystaat |
Monding | Tierfontein Vetrivier |
Lengte | 200 km (124 myl) |
Oorsprong-hoogte | 1 660 m (5 446 voet) |
Monding-hoogte | 1 260 m (4 134 voet) |
Koördinate: 28°5′31″S 26°24′51″O / 28.09194°S 26.41417°O |
Die Sandrivier (voorheen Zand Rivier,[1] Engels: Sand River, voorgestelde nuwe naam: Tikoerivier) is 'n rivier sentraal in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die rivier is 'n sytak van die Vetrivier, wat op sy beurt saamvloei met die Vaalrivier by die Bloemhofdam.
Die Sandrivier ontspring net suidoos van Paul Roux, vloei noordwes, kruis die N5 nasionale pad, swaai dan weer suidwes tot by Senekal waar dit weswaarts vloei. Die rivier vloei nou deur die Allemanskraaldam, kruis die N1 nasionale pad tussen Winburg en Ventersburg en vloei dan verby die dorp Virginia. Hiervandaan vloei die rivier steeds weswaarts, kruis die R710-streeksroete en net daarna sluit dit aan by die Vetrivier.
Die rivier het bekendheid verwerf met die ondertekening van die Sandrivierkonvensie tussen die Boere en Britte in 1852. Die rivier het sy naam ontvang nadat 'n wa in die sandbodem vasgeval het, en die vrag eers afgelaai moes word voor dit uitgesleep is.[1]