Die Sandrivierkonvensie is 'n ooreenkoms wat deur die Britse regering en verteenwoordigers van die Boere op 17 Januarie 1852 aangegaan en onderteken is op 'n plek sowat 9 km noordwes van die hedendaagse nedersetting Aldam. Andries Pretorius was die leier van die Boereverteenwoordigers en William Hogge en Moslyn Owen het die Britse regering verteenwoordig.