Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Spanje |
Administratiewe gewes | Galisië |
Provinsie | A Coruña |
Koördinate | 42°52′N 08°33′O / 42.867°N 8.550°O |
Stigting | 9de eeu |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 220 vk km |
Hoogte bo seevlak | 260 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2012) | 95 671 |
- Bevolkingsdigtheid | 428,81 vk/km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Martiño Noriega Sánchez |
Amptelike webwerf | santiagodecompostela.org |
Santiago de Compostela (Galicies: [santiˈaɣo ðe komposˈtɛla], Kastiliaans: [sanˈtjaɣo ðe komposˈtela]) is die hoofstad van die outonome gemeenskap Galisië in noordwestelike Spanje, met 'n bevolking van 95 671 in 2012. Die stad is sy oorsprong te danke aan die heilige plek van die apostel Sint Jakobus die Grote, wat nou die stad se katedraal is, en wat die eindbestemming vir pelgrims op die Jakobsweg, 'n gewilde Katolieke pelgrimstog wat in die 9de eeu ontstaan het, is. In 1985 is die stad se historiese sentrum as UNESCO-wêrelderfenisgebied gelys en in 2015 is die gebied uitgebrei.