Sarah | |
---|---|
Die Hertogin van York | |
![]() "Fergie" by die Koninklike Walliese Skou.
| |
Volle naam | Sarah Margaret |
Eggenoot | Prins Andrew (geskei 1996) |
Kinders | Prinses Beatrice Prinses Eugenie |
Titels | Sarah, Hertogin van York HKH die Hertogin van York Mej. Sarah Ferguson |
Huis | Windsor |
Vader | Ronald Ferguson |
Moeder | Susan Barrantes |
Gebore | 15 Oktober 1959 Marylebone, Londen |
Sarah, Hertogin van York (Sarah Margaret Ferguson, gebore 15 Oktober 1959) is ’n voormalige lid van die Britse koninklike familie en ’n liefdadigheidswerker, skrywer en rolprentvervaardiger.
Sy is die dogter van wyle majoor Ronald Ferguson en Susan Barrantes, en is die gewese vrou van prins Andrew, Charles III se jonger broer. Haar dogters, prinses Beatrice en prinses Eugenie, is onderskeidelik die 9de en 11de aanspraakmakers op die Britse troon. Sy is algemeen bekend as Fergie.