| |||
Provinsie | Oos-Kaap | ||
Tipe | Distriksmunisipaliteit | ||
Munisipale kode | DC10 | ||
Plaaslike munisipaliteite | Bloukraanroete, Dr Beyers Naudé, Kouga, Kou-Kamma, Makana, Ndlambe, Sondagsriviervallei | ||
Hoofstad | Port Elizabeth | ||
Burgemeester | Mlungisi Gerald Mvoko (ANC) | ||
Grootste tale | Xhosa, Afrikaans, Engels | ||
Oppervlakte | 58 194 km² | ||
Bevolking | 450 584(2011) |
Die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit is een van die 6 distriksmunisipaliteite in die Oos-Kaap. Die setel van die munisipaliteit is in Port Elizabeth geleë. Die inwoners in die munisipale gebied is óf Xhosa- óf Afrikaanssprekend (45% elk), met 'n klein minderheid Engelssprekend. Die munisipaliteit se kode is DC10.
Die munisipaliteit is na Saartjie Baartman vernoem, 'n Khoi-vrou wat in die 19de eeu as trekpleister in Europa onder die naam Hottentot-Venus tentoongestel is. Haar liggaamlike oorskot is ná 'n veldtog in 2002 na Suid-Afrika teruggebring, waarna sy in haar oorspronklike geboortestreek in Hankey ter ruste gelê is.