Schabir Shaik

Schabir Shaik is 'n Suid-Afrikaanse sakeman van Berea, Durban, wat bekend geword het deur sy noue verbintenis met die destydse Suid-Afrikaanse adjunkpresident, Jacob Zuma. Hy is op 2 Junie 2005 skuldig bevind aan korrupsie en bedrog en vir 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Sy skuldigbevinding het twee weke later gelei tot die afdanking van Zuma uit sy pos as adjunkpresident.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne