Schedar (ook bekend a Alpha Cassiopeiae of α Cas) is ’n ster van die tweede magnitude in die sterrebeeldKassiopeia. Hoewel dit deur Johann Bayer as die "alfaster" aangedui is, ding dit om helderheid mee met die β-ster in die sterrebeeld. Dit is soms effens dowwer en soms effens helderder, na gelang van die metingsmetode wat gebruik word. Onlangse metings deur Nasa het egter bevestig α Cas is die helderste ster in Kassiopeia, met ’n skynbare magnitude van 2,24. Sy absolute magnitude is 18 keer dié van β Cas, maar dit is verder van die Son af geleë (228 ligjare teenoor 54).
↑ 3,03,13,2Professor James B. (Jim) Kaler. "SHEDAR (Alpha Cassiopeiae)" (in Engels). University of Illinois. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 22 Februarie 2010.
↑Hajian, Arsen R.; Armstrong, J.T.; Hummel, C.A.; Benson, J.A.; et al. (Maart 1998). "Direct Confirmation of Stellar Limb Darkening with the Navy Prototype Optical Interferometer". The Astrophysical Journal. 496 (1): 484. Bibcode:1998ApJ...496..484H. doi:10.1086/305388.