Schoemansdal

Vir die voormalige Schoemansdal in Mpumalanga, sien Kamatsamo
Schoemansdal

Zoutpansbergdorp
Gewese dorpie
Schoemansdal is in Limpopo
Schoemansdal
Schoemansdal
Koördinate: 23°2′0″S 29°43′0″O / 23.03333°S 29.71667°O / -23.03333; 29.71667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistriksmunisipaliteitVhembe
Plaaslike MunisipaliteitMakhado
Stigting1848
Bevolking
 • Totaal0
StatusBestaan nie meer nie

Schoemansdal was 'n nedersetting 16 km wes van Louis Trichardt (Makhado). Die nedersetting het ontstaan in die tyd van die Groot Trek, maar was ná slegs dertig jaar verlate as gevolg van aanvalle deur Venda-krygers. Nadat die Republiek weer beheer van die gebied oorgeneem het, is Schoemansdal geïgnoreer en 'n nedersetting by Makhado gestig. As gevolg hiervan is Schoemansdal die enigste Voortrekker-nedersetting in Suid-Afrika wat nie in 'n moderne dorp ontwikkel het nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne