'n Scout (letterlik 'n "Verkenner") (in sommige lande 'n Boy Scout, Girl Scout of Pathfinder) is 'n kind, gewoonlik 10–18 jaar oud, wat aan die wêreldwye Scouts-beweging behoort. Baie Scout-verenigings is in 'n junior en 'n senior afdeling verdeel om die verskil in ouderdomme van die kinders te akkomodeer. Scouts word georganiseer in troops (soos kommando's) van gemiddeld 20–30 Scouts onder leiding van een of meer Scout-leiers of Scoutmasters. Troops verdeel dan weer in patrollies van ongeveer 6–8 Scouts en neem deel aan buitemuurse en ander spesiale aktiwiteite. Troepe kan by plaaslike, nasionale en internasionale organisasies affilieer.