Secretly Group | |
![]() | |
Tipe | Groep van onafhanklike plaatetikette |
---|---|
Gestig | 1996 |
Hoofkantoor | Bloomington, Indiana, Verenigde State |
Sleutelpersone | Chris Swanson Darius Van Arman Ben Swanson Eric Weddle Jonathan Cargill (stigters) |
Industrie | Musiekbedryf |
Produkte | Indie rock |
Werknemers | 100 |
Divisies | Secretly Canadian • Jagjaguwar • Dead Oceans • Secretly Publishing |
Webwerf | secretlygroup.com deadoceans.com jagjaguwar.com secretlycanadian.com |
Secretly Group is 'n familie van onafhanklike Amerikaanse plaatetikette wat in 1996 in Bloomington, Indiana gevestig is. Die groep bestaan tans uit Secretly Canadian, Jagjaguwar en Dead Oceans. Die eerste etiket, Secretly Canadian, is in 1996 deur die broers Chris en Ben Swanson, Eric Weddle en Jonathan Cargill gestig. Die eerste vrystelling was 'n heruitreiking van 'n langspeler wat deur die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer June Panic opgeneem is. Weddle het die onderneming later verlaat om die etiket Family Vineyard te stig. Die oorblywende drie stigters is in 1999 vergesel deur Darius Van Arman en sy etiket Jagjaguwar.
In Februarie 2007 het die vennote agter Secretly Canadian en Jagjaguwar saam met Phil Waldor, gewese bestuurder van die etiket Misra Records, die stigting van 'n derde suster-etiket, Dead Oceans, aangekondig. Al drie etikette maak gebruik van gemeenskaplike kantore en personeel in Bloomington, maar handhaaf nogtans hul eie style en estetiese visies. In Junie 2013 het die stigters as vennote by The Numero Group, 'n etiket uit Chicago wat hom op heruitreikings toespits, aangesluit. Die onderneming staan sedertdien bekend as Secretly Group.[1]
Vrystellings van al vier etikette word deur Secretly Canadian se eie verspreider, Secretly Distribution, versprei. Secretly Group het satellietkantore in New York, Chicago, Londen[2] en Parys. Die Duitse verspreider is Cargo Records in Wuppertal, terwyl die etiket-bestuurderes Vivien Mierzkalla in Berlyn werksaam is.[3]