Seksuele identiteit is hoe ’n persoon aan homself dink in terme van tot wie hy seksueel of romaties aangetrokke voel.[1] Dit kan ook verwys na ’n seksuele-oriëntasie-identiteit, dus wanneer ’n persoon met ’n seksuele oriëntasie identifiseer of kies om nie met ’n seksuele oriëntasie te identifiseer nie.[2] Seksuele identiteit en menslike seksuele gedrag is nou verwant aan seksuele oriëntasie, maar daar is ’n onderskeid.[1] "Identiteit" verwys na ’n individu se beskouing van die self, "gedrag" verwys na sy werklike seksdade en "seksuele oriëntasie" verwys na of die persoon aangetrokke voel tot die teenoorgestelde geslag of gender, dieselfde geslag of gender, albei geslagte of meer as een gender, of tot nie een van hulle nie.
Historiese modelle van seksuele identiteit het geneig om dié inligting te beskou as ’n proses wat net deur seksuele minderhede ondergaan word, terwyl moderne modelle die proses as veel universeler beskou en probeer om seksuele identiteit te stel binne ’n groter omvang van ander identiteitsteorieë en -prosesse.[3]
Sexual orientation identity—not sexual orientation—appears to change via psychotherapy, support groups, and life events.