Algemeen | |
---|---|
Naam | Selenied |
Ioonradius | 198[1] |
Kristalradius | 164 Å[2] |
Lys van anione |
'n Selenied is 'n chemiese stof wat seleen in 'n oksidasietoestand van -2 bevat.
Dit kan 'n sout wees wat die seleniedioon (Se2−) bevat, soos natriumselenied Na2Se. Dit kan egter ook 'n organiese stof wees wat 'n -Se- funksionele groep bevat soos dimetielselenied(CH3SeCH3).
Dit is 'n sterk basis. In die menslike liggaam kom dit in spoorhoeveelhede as sy gekonjugeerde suur HSe− voor.[3]