Die Sentraal-Afrikaanse Federasie of Federasie van Rhodesië en Njassaland (Engels: Central African Federation of Federation of Rhodesia and Nyasaland) was 'n dekade lange federasie tussen die destydse Britse gebiede Noord-Rhodesië en Njassaland en Suid-Rhodesië, wat op 1 Oktober 1953 tot stand gekom het en op 31 Desember 1963 ontbind is. Die federasie se totale oppervlakte van meer as 1 254 000 km2, waarvan Noord-Rhodesië meer as die helfte beslaan het, was groter as Suid-Afrika.[1]
- ↑ Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.