Sergei Eisenstein | |
---|---|
Sergei Eisenstein in 1935
| |
Geboortenaam | Sergei Michailowitsj Eizensjtein |
Gebore | 22 Januarie 1898 |
Plek | Riga, Russiese Keiserryk |
Jare aktief | 1923–1946 |
Oorlede | 11 Februarie 1948 |
Plek | Moskou, Sowjetunie |
Toekennings | Stalinprys (1941, 1946) |
Sergei Michailowitsj Eisenstein (22 Januarie 1898 – 11 Februarie 1948; gebore Eizensjtein) was ’n vooraanstaande Sowjet-rolprentregisseur en –teoretikus. Hy word deur baie beskou as die "vader van montage". Hy was veral bekend vir sy stilrolprente Strike (1924), The Battleship Potemkin (1925) en October (Ten Days That Shook the World) (1927), sowel as die historiese epiese films Alexander Nevsky (1938) en Ivan the Terrible (1944, 1958).