Serhiy Nazarovytsj Bubka (Lugansk ( USSR, nou Rusland), 4 Desember 1963) is 'n voormalige Oekraïense paalspringatleet. Hy het die Sowjetunie verteenwoordig tot sy ontbinding in 1991. Hy was 'n paar jaar daarna 'n lid van die Oekraïense parlement. Hy het die eerste paalspringer geword wat 6,10 m hoog gespring het. In totaal het hy die wêreldrekord 35 keer verbeter (17 keer buitenshuis en 18 keer binnenshuis). Sy persoonlike beste (buite) van 6.14 het hy op 31 Julie 1994 in Sestriere, Italië, gespring.