Sestigdelige siklus (干支 gānzhī) | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| ||||||||||||
Dier 地支 |
子 |
丑 |
寅 |
卯 |
辰 |
巳 |
午 |
未 |
申 |
酉 |
戌 |
亥 |
Jaar 天干 地支 |
1 甲 子 |
2 乙 丑 |
3 丙 寅 |
4 丁 卯 |
5 戊 辰 |
6 己 巳 |
7 庚 午 |
8 辛 未 |
9 壬 申 |
10 癸 酉 |
11 甲 戌 |
12 乙 亥 |
Jaar 天干 地支 |
13 丙 子 |
14 丁 丑 |
15 戊 寅 |
16 己 卯 |
17 庚 辰 |
18 辛 巳 |
19 壬 午 |
20 癸 未 |
21 甲 申 |
22 乙 酉 |
23 丙 戌 |
24 丁 亥 |
Jaar 天干 地支 |
25 戊 子 |
26 己 丑 |
27 庚 寅 |
28 辛 卯 |
29 壬 辰 |
30 癸 巳 |
31 甲 午 |
32 乙 未 |
33 丙 申 |
34 丁 酉 |
35 戊 戌 |
36 己 亥 |
Jaar 天干 地支 |
37 庚 子 |
38 辛 丑 |
39 壬 寅 |
40 癸 卯 |
41 甲 辰 |
42 乙 巳 |
43 丙 午 |
44 丁 未 |
45 戊 申 |
46 己 酉 |
47 庚 戌 |
48 辛 亥 |
Jaar 天干 地支 |
49 壬 子 |
50 癸 丑 |
51 甲 寅 |
52 乙 卯 |
53 丙 辰 |
54 丁 巳 |
55 戊 午 |
56 己 未 |
57 庚 申 |
58 辛 酉 |
59 壬 戌 |
60 癸 亥 |
Die sestigdelige siklus, ook bekend as die Stamme-en-Takke (Chinees: 干支, gānzhī), is ’n siklus van 60 terme wat in China en ander lande in Oos-Asië gebruik is om tyd aan te dui.[1] Dit is vermoedelik in die eerste Chinese tekste, van die middel van die 3de eeu v.C. af, gebruik om dae en jare aan te dui.[2] Die siklus en variasies daarvan was ’n belangrike deel van die tradisionele kalenderstelsels in gebiede wat deur China beïnvloed is, veral Japan, Korea en Viëtnam. Die ou Chinese stelsel word steeds in Taiwan gebruik.
Die tradisionele metode om dae en jare te nommer speel nie meer enige betekenisvolle rol in moderne Chinese kalenders nie. Die sestigdelige siklus word egter steeds gebruik in die name van baie geskiedkundige gebeure, soos die Chinese Xinhai-rewolusie, die Japannese Boshin-oorlog en die Koreaanse Imjin-oorlog. Dit speel ook steeds ’n rol in Chinese astrologie en waarsêery.