Shelley Winters | |
Winters in 1951.
| |
Geboortenaam | Shirley Schrift |
---|---|
Geboorte | 18 Augustus 1920 |
Sterfte | 14 Januarie 2006 (op 85) |
Aktiewe jare | 1943–2006 |
Shelley Winters (gebore as Shirley Schrift; 18 Augustus 1920 – 14 Januarie 2006) was ’n Amerikaanse aktrise wat in dosyne rolprente gespeel het, sowel as op die verhoog en televisie; haar loopbaan strek oor meer as 50 jaar tot met haar dood in 2006.
Winters het Oscars gewen vir The Diary of Anne Frank (1959) en A Patch of Blue (1965), en is benoem vir A Place in the Sun (1951) en The Poseidon Adventure (1972). Sy was ook te sien in rolprente soos A Double Life (1947), The Big Knife en The Night of the Hunter (1955), Lolita (1962), Alfie (1966) en Pete's Dragon (1977).