Shishapangma | |
---|---|
Ligging | (Tibet) Volksrepubliek China |
Hoogte | 8 027[1][2][3][4] meter bo seevlak |
Prominensie | 2 897[5] |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 28°21′8″N 85°46′47″O / 28.35222°N 85.77972°O |
Eerste bestyging | 2 Mei 1964 |
Eerste bestyger(s) | Xǔ Jìng |
Maklikste roete | Sneeu/ys-klim |
Shishapangma (amptelik Xixabangma, Vereenvoudigde Chinees: 希夏邦马峰, Tradisionele Chinees: 希夏邦马峰, Pinyin: Xīxiàbāngmǎ Fēng; Tibettaans: ཤི་ཤ་སྦང་མ [ɕiɕapaŋma]), ook bekend as Gosainthān (Sanskrit vir: "plek van die heiliges"), is 'n berg in die Himalaja wat net noord van die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 027 meter is dit die veertiende hoogste berg van Asië en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu, Nanga Parbat, Annapurna, Gasherbrum I, Broad Peak en Gasherbrum II.
Shishapangma is die kleinste berg met 'n hoogte van meer as 8 000 meter en die enigste een wat slegs in die Volksrepubliek China geleë is. Weens die streng beperking op buitelanders in die Outonome gebied Tibet was dit die laaste agt-duisende, wat bestyg is. Die eerste bestyging het op 2 Mei 1964 deur 'n Chinese ekspedisie onder leiding van Xǔ Jìng plaasgevind.