Short Stirling

Short Stirling
Stirling N6101 besig om vol bomme gelaai te word.
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Short Brothers
Nooiensvlug 14 Mei 1939
Bekendstelling 10 Februarie 1941
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Aantal gebou 2 371
Short Stirling Mark I

Die Short Stirling was die eerste viermotorige bomwerper van die Britse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die prototipe het sy nooiensvlug op 14 Mei 1939 voltooi. Dit is verwoes tydens die landing. Hierdie vliegtuig het op 10 Februarie 1941 sy eerste operasionele vlug voltooi oor Rotterdam waar die teiken 'n olieraffinadery was. Gedurende 1942 is hulle gebruik met die eerste strategiese bombarderingmissies wat later deur die Handley Page Halifax en Avro Lancaster voortgesit is. Hulle het ook deelgeneem aan die eerste 1000-bomwerper missie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne