Shutruk-Nakhunte, of Šutruk-Nakhunte, was van omstreeks 1185 tot 1155 v.C. (middelchronologie) die koning van Elam en die tweede koning van die Shutruk-dinastie.
Elam het uitgebrei tot 'n ryk wat die grootste deel van Mesopotamië en Wes-Iran ingesluit het. Onder Shutruk-Nakhunte se bevel het Elam die Kassiete verslaan en die kortstondige Elamitiese Ryk gestig, wat binne sowat 40 jaar, in 1120 v.C., deur Nebukadnésar I van Babel verslaan is.
Shutruk-Nakhunte was getroud met die dogter van 'n Kassitiese koning met die naam Meli-Šipak.