Eon | Era | Periode | Ouderdom Ma. |
---|---|---|---|
Proterosoïkum | Paleoproterosoïkum | later | |
Argeïkum | Neoargeïkum | Siderium[1][2] | 2630 -2420 |
Metanium | 2780 – 2630 | ||
Mesoargeïkum | Pongolium | 3020 – 2780 | |
Vaalbarium | 3490 -3020 | ||
Paleoargeïkum | 3810 – 3490 | ||
Eoargeïkum | 4000 – 3810 ? | ||
Hadeïkum | Neohadeïkum | Prometium | vroeër |
Die Siderium is 'n periode in die vroeë Prekambriese geskiedenis van die Aarde.
Volgens die chronologiese definisie van die IUGS: International Union of Geological Sciences se subkommissie vir stratigrafie is dit in 1988 gedefinieer as die eerste periode van die Paleoproterosoïkum en het dit per definisie geduur van 2500 tot 2300 miljoen jaar gelede.[3]
Volgens die stratigrafiese definisie van Gradstein hulle[1] word sy begin gedefinieer deur die verskyning van Hamersley se gebande ysterformasie (BIF Banded Iron Formation) en sy einde deur die verskyning van die Huroniese ystydperk. Die datering van hierdie gebeurtenisse is omtrent 2630 en 2420 Ma, effens vroeër as die chronologiese datering. 'n Ander verskil is dat Gradstein dit as die laaste periode van die Argeïkum beskou pleks van die eerste periode van die Proterosoïkum.