Sigurd Ring | |
---|---|
Legendariese koning van Swede en moontlik Denemarke | |
Bewind | 8ste eeu? |
Voorganger | Harald Oorlogtand |
Opvolger | Ragnar Lodbrok |
Kinders | Ragnar Lodbrok |
Koningshuis | Huis van Munsö |
Vader | Randver of Ingjald |
Moeder | Åsa Haraldsdotter of suster van Harald Oorlogtand |
Godsdiens | Oudnoorse godsdiens |
Sigurd Ring (Oudnoors: Sigurðr Hringr, in sommige bronne net Hringr genoem)[1] was 'n legendariese Sweedse koning[2] wat in baie Oudskandinawiese sagas genoem word.
Volgens dié bronne het hy heerskappy oor Swede gekry as 'n vasalkoning onder sy oom Harald Oorlogtand. Later sou hy teen sy oom veg in 'n poging om hom omver te werp vir die troon van Denemarke, 'n konflik wat Sigurd eindelik gewen het ná die legendariese Slag van die Brávellir, waar Odin self na bewering tussenbeide getree en Harald doodgemaak het.
In die sagas is Sigurd ook bekend as die vader van die Noorse Wikingheld en koning van Denemarke en Swede Ragnar Lodbrok. Volgens Bósa saga ok Herrauds was daar eens 'n saga oor Sigurd Ring, maar het dit verlore gegaan.[3][4]