![]() | ||
Simona Halep tydens die Franse Ope in 2018 | ||
Volle naam | Simona Halep | |
---|---|---|
Land | ![]() | |
Woonplek | Constanța, Roemenië[1] | |
Geboortedatum | 27 September 1991[1] | |
Geboorteplek | Constanța, Roemenië[1] | |
Lengte | 1,68 m[1] | |
Begin professioneel | 2006[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $40 227 773 (soos op 27 Januarie 2025)[1] (3de van alle tye)[2] | |
Amptelike webblad | simonahalep.com | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 579–240 (70,7%)[1] | |
Loopbaantitels | 24 WTA,[1] 1 ITF | |
Hoogste rang | No. 1 (9 Oktober 2017)[1] | |
Huidige rang | No. 868 (27 Januarie 2025)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | E (2018) | |
Franse Ope | W (2018) | |
Junior | W (2008) | |
Wimbledon | W (2019) | |
VSA-Ope | HE (2015) | |
Groot toernooie | ||
WTA-kampioenskap | E (2014) | |
Olimpiese Spele | 1R (2012) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 67–71 (48,6%)[1] | |
Loopbaantitels | 1 WTA,[1] 4 ITF | |
Hoogste rang | No. 71 (15 Mei 2017)[1] | |
Huidige rang | No. – (27 Januarie 2025)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2011, 2012, 2013, 2014, 2021, 2022) | |
Franse Ope | 2R (2012) | |
Wimbledon | 1R (2011, 2012, 2013, 2015) | |
VSA-Ope | 2R (2011) | |
Gemengde dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | ||
Loopbaantitels | 0 | |
Grand Slam-gemengdedubbelspeluitslae | ||
VSA-Ope | KE (2015) | |
Laaste opgedateer op: 27 Januarie 2025. |
Simona Halep (Roemeens: [siˈmona haˈlep];[3] gebore op 27 September 1991) is 'n Roemeense professionele tennisspeler. Sy het al twee keer (tussen 2017 en 2019) die No. 1-rang op die WTA-ranglys behaal. Sy het vir die eerste maal die onderskeiding behaal op 9 Oktober 2017. Tydens die tweede keer wat sy as no. 1 geplaas was het sy die posisie vir agt-en-veertig agtereenvolgende weke behou. In totaal is sy al vir vier-en-sestig weke as No. 1 gelys, welke haar in die opsig tiende plaas betreffende die onderskeiding in die geskiedenis van vrouetennis. Halep was in 2017 en 2018 aan die einde van die jaar No. 1 gewees op die WTA-Toer. Sy het reeds 24 WTA-enkelspeltitels verower. Halep was ook sewentien keer die naaswenner. Halep het reeds twee Grand Slam (tennis)-enkelspeltitels gewen: die 2018 Franse Ope (Roland Garros) en die 2019 Wimbledon-kampioenskap.[4]
Halep het die eerste keer in die top 50 van die enkelspel-spelers-ranglys verskyn aan die einde van 2012; sy het in die top 20 in Augustus 2013 verskyn en uiteindelik in Januarie 2014 in die top 10. Sy het haar eerste ses WTA titels in dieselfde kalenderjaar in 2013 gewen (die eerste om so te doen sedert Steffi Graf in 1986), en is benoem as die WTA se Mees Verbeterde Speler aan die einde van die betrokke jaar. Sy is ook benoem as ESPN Center Court se mees verbeterde speler vir 2013.[5] Halep het haar eerste groot toernooi gewen tydens die 2018 Franse Ope, en voortgegaan om die Wimbledon Kampienskappe in 2019 te wen.[6][7] Sy het voorheen die finaal van die 2014 en 2017 Franse Ope vroue enkelspel wedstryd gehaal sowel as die finaal van die Australiese Ope vroue enkelspel wedstryd in 2018.[8] Sy het ook die finaal gehaal van die 2014 WTA Finals, waar sy verloor het teen Serena Williams nadat sy haar vroeër in die toernooi verslaan het met 'n telling van 6–0, 6–2 (welke op daardie stadium Williams se grootste loesing in haar loopbaan was).[9]
Halep was vir twee agtereenvolgende jare (2014–2015) die mees gesoekte speler op WTATennis.com, toe die WTA Most Popular Player of the Year-prys aan haar toegeken is.[10] Na die 2017 Wimbledon Kampioenskappe het Simona Halep die speler (aktiewe) met die meeste opeenvolgende weke binne die top 10 ranglys van die WTA geword.[11][12] Halep was ook die WTA se Fan Favorite Singles Player in 2017 en 2018, en die WTA Player of the Year in 2018. In Desember 2018 was Halep deur ESPN gekies as die mees oorheersende tennisspeler van die jaar en negende gelys in The Dominant 20 van die mees oorheersende atlete in die wêreld. Haar rekord was 46–8.[13] Die titel van Ereburger van Boekarest (Cetățean de onoare) is in 2018 deur die stad van Boekarest aan haar verleen.[14] Halep is die derde Roemeense vroue tennisspeler, na Virginia Ruzici en Irina Spîrlea om die top 10 lys van die WTA-ranglys te behaal. (Magda Rurac was in 1948 en 1949 ook gelys in die top 10 in nieamptelike ranglyste, voor die totstandkoming van die WTA ranglyste).[15] Halep is ook die eerste Roemeense tennisspeler wat 'n Wimbledon-enkelspeltitel kon verower.[16]