Simposium

’n Griekse simposium (fresko, 475 v.C. - Paestum-museum, Italië).
’n Bankettoneel uit ’n tempel van Atena (reliëfwerk uit die 6de eeu v.C.).

Die term simposium, afgelei van die Oudgriekse woord συμπόσιον (simposion), was ’n byeenkoms van mans wat saam eet, drink,[1] musiek luister en/of belangrike sake bespreek. Letterkundige geskrifte wat die doen en late op so ’n simposium beskryf, sluit in twee dialoë deur Sokrates, asook Plato en Xenophon se onderskeie werke getiteld Simposium.

Die Romeinse weergawe van ’n simposium is die Latynse convivium.[1] Volgens die moderne gebruik beteken dit ’n akademiese byeenkoms soos ’n wetenskapkonferensie.

  1. 1,0 1,1 Peter Garnsey, Food and Society in Classical Antiquity (Cambridge University Press, 1999), bl. 136 online; Sara Elise Phang, Roman Military Service: Ideologies of Discipline in the Late Republic and Early Principate (Cambridge University Press, 2008), ble. 263–264.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne